Galasiërs 1:6-10 - Wanneer die Evangelie aangeval word, begin ons hier: Ons anker onsself in die waarheid
INLEIDING
Die apostel Paulus skryf die brief aan die Galasiërs aan ‘n groep gelowiges wat destyds in Klein-Asië, vandag Turkye, ‘n gat in die kop gepraat is deur valse leraars wat ‘n valse evangelie aan hulle verkondig het. Hierdie nuus het die oor van Paulus bereik. Bewus van die gevare, het die apostel dadelik die pen opgeneem om die ware Evangelie wat aangeval was, te verdedig en die valse evangelies te ontbloot vir die leë, nuttelose, vervloekte boodskap wat dit is.
Die eerste ding wat hy in die inleidingswoorde van sy brief doen, is om die gelowiges in Galasië se fokus weer terug te kry op Christus en weg van hulleself. Daarom beklemtoon hy in die eerste verse van die brief dat Christus:
· Vir ons sondes gesterf het;
· Deur die Vader uit die dood opgewek is;
· En so die verlossingsplan van God uitgevoer het.
Hierdie punte vorm die kern van wat Paulus “dié Evangelie” noem. Daarom, enige iets wat van hierdie kern afwyk, bestempel Paulus as “’n ander evangelie” (Gal. 1:6) en “’n evangelie wat in stryd is” (Gal. 1:9) met die Evangelie wat deur die apostels aan hulle verkondig en in die Bybel neergepen is.
Maar Paulus gaan verder. Nie net fokus hy weer die aandag van die gelowiges op Christus as enigste Verlosser nie, hy anker die gelowiges in die ware, onvervalste, suiwer Evangelie in Galasiërs 1:6-10. Daarom, wanneer die Evangelie aangeval word, begin ons hier: ons anker onsself in die waarheid. Waarom? Omdat slegs die ware Evangelie die eer aan God gee vir ons verlossing en die instrument is wat die Here gebruik om geloof te wek.
Om hierdie rede sien ons dat Paulus in hierdie verse:
· Die ware Evangelie bevestig as die enigste van sy soort;
· Die vloek uitspreek oor elke valse boodskap.
DIE ENIGSTE WARE EVANGELIE
Een van die uitstaande kenmerke van die brief aan die Galasiërs is die afwesigheid van ‘n dankgebed aan die begin van die brief. In al sy ander briewe aan die gemeentes begin Paulus altyd met ‘n danksegging aan die Here vir die gelowiges – selfs in die briewe aan die gemeente in Korinte wat vir Paulus maar baie probleme veroorsaak het. Maar die brief aan die Galasiërs begin met ‘n harde woord: “Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en ‘n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie!...” (Gal. 1:6-7)
Hierdie gelowiges het ‘n boodskap aanvaar waarvan die verlossing deur Christus alleen as hart, uitgeruk is. Deur die verloop van die res van die brief blyk dit dat die boodskap wat hierdie gelowiges aanvaar het, ‘n mens gemaakte evangelie was waar die mens homself kan red deur middel van die nakom van wette en ‘n goeie lewe – ‘n boodskap wat indruis teen die hele Skrif, die Ou en Nuwe Testament! Daarom dat die apostel so hewig reageer en sê dat daar geen ander evangelie is nie. Daar is net één Evangelie en één alleen! Dit was waar van die tyd toe Paulus hierdie brief neergepen het, en dit is steeds vandag waar.
Hierdie “ander evangelie” waarna Paulus verwys, sê hy is ‘n verdraaiing van die Evangelie van Christus (Gal. 1:7) en dit kan net een ding doen: verwarring saai. Dit kan nie red nie. Waarom? Omdat hierdie “ander evangelie(s)” nie Christus verkondig as die enigste Verlosser uit sonde en dood nie.
Vandag hoor ons steeds hierdie “ander evangelie” die rondte doen in verskillende vorme en kleure:
Daar is die valse evangelie van die voorsproedsteologie (health, wealth and prosperity gospel) wat meen dat Christus gekom het om jou die beste lewe hier op aarde te gee. Natuurlik vergeet hierdie valse leraars van dele soos Matteus 6:19: “Moenie skatte op aarde bymekaar maak nie ...”; en 1 Timoteus 6:6: “Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het ...”; en ook vers 10: “Geldgierigheid is die wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal ...”
Dan is daar die valse evangelie van die “liewe-Jesus”-teologie waarin daar geen ruimte is vir ‘n God wat mense oordeel nie. Hierdie valse evangelie meen dat almal eendag op die nuwe aarde sal wees en niemand in die hel gewerp sal word nie. Moedswillig vergeet hulle van Skrifgedeeltes soos Johannes 3:36: “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op Hom”; en Hebreërs 10:31: “Dit is vreeslik om in die hande van die lewende God te val”; en Openbaring 20:15: “As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.”
Of ‘n laaste voorbeeld, die valse evangelie van sosiale verlossing wat meen dat Christus net gekom het om mense van sosiale onderdrukking te bevry en daarom aan die kant van die onderdrukte staan – ongeag of julle glo of nie. Maar weereens vergeet hierdie valse leraars dat Christus gekom het om ons van sonde, die Bose en die oordeel te verlos soos Efesiërs 2:1-10 dit so duidelik uiteensit.
Tyd ontbreek om na al die ander valse evangelies soos die wit teologie, swart teologie, bevrydingsteologie en ‘n veelvoud van ander valse boodskappe te verwys.
Die punt wat Paulus hier in Galasiërs 1:6-7 onomwonde duidelik en reguit sê is dit: Daar is net één ware Evangelie waar die kruis en die leë graf van Christus die hartklop is. Dit is in hierdie Evangelie wat ons onsself moet anker.
Maar wat dan van die “ander evangelie(s)” en dié wat dit verkondig? Hierdie vraag beantwoord Paulus spesifiek in verse 8-9 en dit is na my mening van die hardste woorde in die hele Bybel.
VERVLOEK IS ELKE ANDER BOODSKAP
Ons hoor in Galasiërs 1:8-9 die heilige woede wat na vore kom in die hart van Paulus wanneer hy sien en hoor watter skade hierdie valse leraars met hulle valse evangelie berokken. Daarom skryf hy reguit: “Maar al sou een van ons (d.w.s. een van die apostels, of leraars van die gemeentes) of selfs ‘n engel uit die hemel aan julle ‘n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle ‘n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het p die vloek van God sal hom tref!” (Gal. 1:8-9)
Daarom, so sê die heilige God en Here: Vervloek is elke valse leraar wat verwoesting met hul valse boodskappe saai. Vervloek is hulle in hierdie lewe en die volgende mits hulle tot inkeer kom en na Christus as enigste Verlosser toe vlug.
Maar kom ons let op ‘n paar sake in Galasiërs 1:8-9...
In die eerste plek, let daarop dat die Evangelie wat Paulus van praat ‘n onveranderlike evangelie is. Hy sê “al sou een van ons”, met ander woorde, ‘n apostel of apostoliese medewerker of enige leraar “’n ander evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het ...”. Wat sê hy hierdeur? Hy wys vir ons dat die evangelie nie die menings en opinies van mense is wat vandag een ding sê en more ‘n ander nie. Soos ons, as die Here wil, volgende keer sal sien, is die bron van die Evangelie Christus self.
Dit is tragies om te sien hoe vandag leraars wat vir baie jare die stryd gestry het, nou onder die druk van die samelewing swig en ‘n valse evangelie begin verkondig. Maar wat ons moet raaksien is dat die waarheid van die Evangelie nie bepaal word deur die een wat gestuur word nie, maar die Een wat stuur, nl. God self. Daarom moet elke leraar, ook in ons eie gemeente se boodskap deurlopend aan die Bybel getoets word, en sou dit bevind word dat dit nie die toets van die Skrif kan deurstaan nie, summier verwerp word as ‘n vervloekte boodskap. Om hierdie rede het ek al dikwels gesê, en sal ek aanhou sê as die Here my die genade daartoe verleen: “As ek nie vanuit die Skrif ‘n saak op ‘n eenvoudige wyse kan verduidelik en vanuit die Skrif wys nie, hoef julle my nie te glo nie.” Ek is nie hier om my idees en opinies te verkondig nie, maar die Woord alleen en volledig.
In die tweede plek beklemtoon Paulus dat bonatuurlike openbaringe / drome / visioene, ens. nie waarheid van ‘n boodskap bepaal nie. Want hy sê “al sou ... ‘n engel uit die hemel ...” ‘n ander evangelie verkondig, dit steeds nie aanvaar mag word nie. Dit is veral belangrik vandag waar sogenaamde selfaangestelde profete en apostels van mening is dat hulle openbarings van God of engele ontvang het; maar wanneer daardie boodskap met die Skrif vergelyk word, hoor ons die draak praat en nie die Lam van Juda nie. Ons moet onthou, soos Paulus ook die gemeente in Korinte gewaarsku het, dat die duiwel homself as ‘n engel van die lig voordoen en sy volgelinge as dienaars van die Lig (2 Kor. 11:14-15).
In die lig van hierdie punte, is dit van uiterste belang om op die waarskuwing van Paulus ag te slaan in 1 Tessalonisense 5:21: “maar toets dit alles ...” en van Johannes in 1 Johannes 4:1: “... ondersoek elkeen ondersoek of sy gees van God afkomstig is.” Dit beteken dat ons ook voortdurend ons eie harte moet ondersoek, want die hart van die mens is geneig tot die sonde en daarom ook geneig om sy ore uit te leen aan valse evangelies. Daarom moet ons ook vandag vir onsself hierdie vraag vra: “Glo ek die ware Evangelie?” of ander gestel: “Is ek geanker in die waarheid?”
SLOT
Wanneer die Evangelie aangeval word, dan begin ons hier:
In die eerste plek, kry ons ons fokus reg. Ons rig ons oë op Christus die Begin en Voleinder van ons geloof; maar ook
In die tweede plek, anker ons onsself in die waarheid, aangesien daar net één Evangelie is, nl. dat ons verlos word nie uit ons werke nie, maar uit genade op grond van die verlossingswerk van Jesus Christus alleen.
Daarom, laat ons bid dat ons elke dag al hoe meer vasgemessel en geanker word in die ware, onvervalste, suiwer Evangelie; sodat ons dit kan verdedig deur die valse evangelies te ontbloot vir die leë, nuttelose en vervloekte boodskappe wat dit is. Dan sal God die eer ontvang.
Daarmee saam, laat ons ook bewus wees van die feit dat wanneer ons geanker is in die waarheid en die valse evangelies ontmasker ons ook teenkanting en weerstand sal ervaar, soos Paulus ook meld in Galasiërs 1:10. Maar wanneer daar teenkanting kom, laat ons nie ingee en swig voor die wêreld nie, maar die eer en guns van God bly soek. Amen.