Galasiërs 1:11-2:2 - Wanneer die Evangelie aangeval word, begin ons hier: Ons getuig van die oorsprong van die Evangelie
INLEIDING
Ons ken almal die spreekwoord: “Vat aan my vrou of kinders, dan vat jy aan my.” In ‘n sekere sin was dit waar in die apostel Paulus se lewe ook. Hy het wel nie ‘n vrou of kinders (biologies) gehad nie, maar vir hom was die Evangelie sy grootste skat. Lees jy deur die ander briewe van Paulus sal jy sien dat hy ‘n wavrag van swaarkry ervaar het ter wille van die Evangelie (2 Kor. 11:23-30). Hy het al hierdie lyding ter wille van Christus verduur en gedra in die wete dat die heerlik wat wag die lyding wat ons op aarde ervaar ver te bowe gaan (Rom. 8:18).
Maar die een saak waarvoor Paulus geen geduld gehad het nie, was mense wat die Evangelie verdraai het en so sy medegelowiges na die afgrond probeer sleep het. Om hierdie rede reageer hy reguit en skerp in sy brief aan die Galasiërs wanneer hy oor hierdie valse leraars met hulle vervloekte evangelie praat.
Een van die argumente wat hierdie valse leraars aangevoer het, was dat die Evangelie van Paulus nie vertrou kon word nie, omdat dit verskil met dié van die ander apostels. Hierdie was egter net ‘n dekmantel om ‘n valse evangelie van verlossing deur middel van werke in te smokkel in die gemeentes.
Daarom wys die apostel in Galasiërs 1:11-2:2 daarop dat die Evangelie wat hy verkondig nie net dieselfde is as dié van die apostels nie, maar nog meer, sy oorsprong vind in Christus self!
Hierin sien ons hoe Paulus, wanneer die Evangelie aangeval word, getuig van die oorsprong van die Evangelie – en hy doen dit deur terug te kyk na sy eie lewe ...
DIE WARE OORSPRONG VAN DIE EVANGELIE
In Galasiërs 1:11-12 stel Paulus dit onomwonde dat die Evangelie wat hy verkondig van Christus self kom. Hy skryf: “Dit moet julle goed besef, broers: die Evangelie wat ek verkondig, is nie deur ‘n mens uitgedink nie. Ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang nie of my ‘n mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in ‘n openbaring aan my gegee.”
Paulus beklemtoon drie sake:
In die eerste plek, die ware Evangelie is nie die produk van menslike denke nie. Daar is baie sg. “geleerde teoloë” wat meen dat die Evangelie, veral die dele wat handel oor die wonders daarvan, soos die maagdelike geboorte en liggaamlike, sigbare en fisiese opstanding van Christus maar net “gemeente teologie” was; d.w.s. stories wat die apostels om die kampvuur uitgedink het. Maar die apostel stel dit duidelik: hierdie Evangelie is nie deur enige mens uitgedink nie!
In die tweede plek, Paulus was nie ‘n dissipel van enige mens wanneer dit by die Evangelie gekom het nie. Dus was die Evangelie wat hy ontvang het, nie beïnvloed deur menslike voorkeure nie. Vandag kry jy dikwels gelowige (dalk onsself) wat ‘n standpunt handhaaf wat geen Bybelse gronde het nie. Hulle (ons) glo dit omdat dit deur iemand – hoe vroom en godsdienstig die persoon ook al mag gewees het – aan ons geleer is. Maar Paulus wys daarop dat hy nie die leer van mense / die verstaan van die Evangelie soos deur apostel so of so, verkondig nie. Hy verkondig die Evangelie soos van Christus ontvang.
En dit bring ons dan by die derde punt wat hy hier maak, nl. dat hy die Evangelie van Christus self ontvang het. Christus is die oorsprong daarvan. Presies wanneer dit gebeur het, is ons nie seker nie. Sommige meen dat dit in Damaskus was nadat die Here op pad daarheen aan hom verskyn het, ander meen dat dit tydens die drie jaar in Arabië was (Gal. 1:17). Hoe dit ook al sy, Paulus stel dit duidelik dat Christus self vir hom die Evangelie geleer het.
Om hierdie spyker diep in die denke van sy lesers in te hammer, kyk hy terug oor sy eie lewe.
PAULUS, DIE VYAND VAN DIE EVANGELIE
Paulus kyk terug na ‘n tyd in sy lewe wat sy hele lewe lank by hom sou bly en telkens sou herinner aan sy eie nietigheid en die grootheid van God se genade in sy lewe. In Galasiërs 1:13-14 wys hy terug na die tyd wat hy as die vervolger van die kerk, probeer het om die Evangelie uit te wis. Op hierdie punt in sy lewe was hy heilig daarvan oortuig dat hy God ‘n guns bewys deur die vervolging van die kerk, dat hy uitgestyg het bo baie van sy leeftyd as ‘n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde gebruik van die voorvaders (Gal. 1:14).
Nou kyk hy egter terug en erken sy sonde. Hierdeur kom stel hy ‘n vraag aan sy lesers: “As ek eens op ‘n tyd die Evangelie fanaties probeer uitroei het – ek ‘n kenner van die Joodse Skrifte – waarom sou ek hierdie Evangelie verkondig as dit nie ooreenstem met die waarheid wat in die Skrifte verkondig word nie?” Dit maak mos net nie sin nie. Al wat sin sou maak in Paulus se lewe, was dat die Evangelie wat hy verkondig het werklik die waarheid is en dat hy dit ontvang het soos hy meld in vers 11 en 12.
Dus, hierdie valse leraars wat ‘n ander evangelie verkondig is eerder die skuldiges. Dit is húlle wat ‘n mensgemaakte en daarom vervloekte boodskap verkondig. Die oorsprong daarvan is hulle eie sondige hart en met vurktonge saai hulle ‘n giftige boodskap wat niks ander kan doen as om mense na die hel te sleep nie.
Hierdie is egter ook ‘n gevaar vandag en hierin is daar twee waarskuwings:
Aan die een kant die vraag: Waarom glo jy wat jy glo? Word die inhoud van jou geloof bepaal deur die Bybel, of deur wat mense sê?
Aan die ander kant die opdrag: Toets elkeen wat meen dat hy die ware Evangelie verkondig ... toets dit aan die Bybel. As dit daarmee ooreenstem, volg dit na; maar as dit verskil of in stryd staan daarmee, verwerp dit.
Dus, in die eerste plek getuig Paulus van die oorsprong van die Evangelie deur te kyk na sy tyd as vervolger van die kerk. Maar tweedens gaan hy verder en kyk ook na die tyd waarin Christus aan hom genade bewys het.
PAULUS, DIE BEGENADIGDE
Paulus besef dat die enigste rede waarom hy van vervolger na verkondiger van die Evangelie kon gaan, was die genade van die Here. Hierdie waarheid beklemtoon hy twee keer:
Hy skryf: “Maar God het my al voor my geboorte vir Hom afgesonder ...” (Gal. 1:15). Die feit dat Paulus ‘n verkondiger van die Evangelie geword het, was nie maar blote toeval nie. Hy het nie eendag opgestaan en gedink om van “werk” te verander nie. Nee, die feit dat hy die apostel “onder die heidennasies” sou word (Gal. 1:16) was ‘n besluit van God. Hierdie is ‘n kenmerk van ‘n ware verkondiger van die Woord – dit is nooit jou eie keuse nie! ‘n Paar jaar gelede het ek gehoor van ‘n predikant wat predikant geword het aangesien hy “al die ander dinge al probeer het”. Nee! As jy nie gedring word soos Jeremia wat sê “... wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos ‘n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie” (Jer. 20:9), dan bly hy weg van die bediening as leraar. Charles Spurgeon skryf in sy Lectures to my students: “As enige student in hierdie klaskamer tevrede is om ‘n koerant redakteur, of ‘n winkelbestuurder, of ‘n boer, of ‘n dokter, of ‘n prokureur, of ‘n staatsbeampte, of ‘n koning te wees, in die naam van hemel en aarde, laat hom sy weg gaan; hy is nie ‘n man in wie die Gees van God in sy volheid woon nie, want ‘n man so gevul met God sal dit ‘n uiterste moeite vind om enige ander werk te doen, behalwe vir dit waarna sy gees smag.”
Paulus gaan verder in Galasiërs 1:15 en skryf: “... en Hy het my in sy genade geroep.” Die feit dat Paulus, die vervolger van die kerk, verander het, was uit en uit genade op genade. Dit was deur die werk van die Heilige Gees dat sy harde hart verander het, sag gemaak was en nuwe lewe daarin gewek is. En dit is nie net waar van Paulus nie, maar ook van elke gelowige – ook ek en jy. Ons glo nie uit onsself nie, maar omdat God ook aan ons genade bewys het en steeds bewys. Genade wat ons sien in die kruis van Christus. Genade wat ons ervaar in sy bloed. Genade wat ons kan vashou in die Evangelie van die lewende Here.
Hierdie genade, sê Paulus, het hy ontvang met die doel om die apostel “onder die heidennasies” te word. Ons hoor dit alreeds in Christus se woorde aan Ananias in Handelinge 9:15: “... Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel”. Dit is iets wat Paulus ook telkens na verwys in sy briewe, hier in Galasiërs 1:16 en 2:8, maar ook in Ef. 3:8.
As apostel was Paulus deur Christus self geroep om die Evangelie onder die heidennasies te verkondig – ‘n roeping wat nie eers bevestig moes word deur mense nie. Daarom het hy nie eerste Jerusalem toe gegaan waar die apostels was nie, maar vir drie jaar na Arabië en daarna terug na Damaskus.
Maar dit het nie beteken dat Paulus gedink het dat hy alleen die enigste apostel was, of alleen die Evangelie kon verkondig nie. Hy was deel van ‘n groep en daarom het hy ook later met die ander apostels ontmoet.
Dus getuig Paulus van die oorsprong van die Evangelie deur te kyk na sy lewe as vervolger en begenadigde; maar laastens ook as medewerker van die ware Evangelie.
PAULUS, DIE MEDEWERKER
In Galasiërs 1:18-2:2 wys Paulus daarop dat hy na sy drie jaar in Arabië, na Jerusalem gegaan het. By hierdie geleentheid het hy Petrus (Sefas is sy Joodse naam) ontmoet wat die leier van die apostels was, en ook Jakobus (nie die apostel nie, want dié het al gesterf het eerste martelaar van die apostels) maar die halfbroer van die Here Jesus wie se brief ons ook as deel van die Nuwe Testament besit.
Die rede vir hierdie besoek was heel waarskynlik om van sy eie bekering te getuig en ook te vertel wat Jesus aan hom tydens die drie jaar gewys het.
Van Jerusalem het hy via Sirië noord van Palestina na Silisië gereis en daarin in Tarsus, sy geboortestad gaan werk. Hiervan lees ons in Handelinge 9:30. Die nuus van Paulus se bekering het in die tussentyd begin versprei en die gelowiges wat daarvan gehoor het, het die Here verheerlik vir hierdie groot wonder (Gal. 1:23-24).
Barnabas het later vir Paulus in Tarsus gaan haal en hulle het ‘n tyd lank saamgewerk in Antiochië in Sirië. Dit is uit hierdie gemeente wat Paulus en Barnabas uitgestuur is op die eerste sendingreis waartydens hulle kontak gemaak het met die gelowiges aan wie Paulus in hierdie brief skryf en waarvan die meeste onder die bediening van Paulus en Barnabas tot bekering gekom het.
Na die sendingreis is hulle terug na die gemeente wat hulle uitgestuur het. Veertien jaar na die eerste ontmoeting in Jerusalem, het Paulus saam met Barnabas en Titus terug gegaan na Jerusalem. Die doel van hierdie besoek meld hy in Galasiërs 2:2: “... Ek het toe die Evangelie wat ek onder die heidennasies verkondig, aan die broers daar voorgelê en dit nog afsonderlik met die leiers bespreek. Ek wou sekerheid hê dat ek nie tevergeefs werk of gewerk het nie.”
Die argument wat Paulus voer dit: Hy was eers ‘n vervolger van die kerk wat deur die genade van die Here tot bekering gebring is en die opdrag ontvang het om die ware Evangelie onder die heidennasies te verkondig. Hierdie Evangelie wat hy verkondig het hy nie self uitgedink nie, maar van Christus self ontvang. Dit is dieselfde Evangelie wat deur Petrus en die res van die apostel verkondig is.
Dus, wanneer die Evangelie aangeval word, begin ons hier:
· Ons fokus op Christus;
· Ons anker onsself in die waarheid;
· Ons getuig van die oorsprong daarvan.
SLOT
Om af te sluit, die Evangelie wat deur die apostel Paulus en die ander verkondig is en vir ons opgeteken is in die Bybel is die enigste, betroubare en suiwer Evangelie. Die vraag waarvoor hierdie deel ons bring, is dit: Glo jy hierdie Evangelie?!
Ondersoek jou hart. Glo jy dat Jesus die Seun van God deur die Vader gestuur is om ook vir jou sondes aan die kruis te sterf? Glo jy dat Jesus aan die kruis die volle prys vir jou sondes betaal het en dat daar niks meer is wat jy kan doen of bydra vir jou verlossing nie? Glo jy dat hierdie Jesus nie net vir jou gesterf het nie, maar ook deur die krag van God uit die dood opgewek is en so die mag van die sonde en die dood ook oor jou lewe gebreek het? Salig is elkeen wat die woorde van die Evangelie, dit ter harte neem en deur die krag van die Gees dit verdedig en daarvolgens lewe. Amen.
Met “volheid” bedoel Spurgeon nie hier dat die Gees net in sommige gelowige woon of net gedeeltelik nie. Die verband stel dit duidelik dat hy hier verwys na die bekragtende werk van die Gees wat noodsaaklik is vir die bediening.
Sprugeon, C.H. 2008. Lectures to my students. Finland: Christian Heritage, p. 30.