Galasiërs 2:15-21 - Wanneer die Evangelie aangeval word, dan hou ons vas aan Christus
INLEIDING
Suid-Afrika, soos ander lande oor die wêreld, beleef tans ‘n grendelstatus. ‘n Toestand waar baie mense gevangenes in hulle eie huise geword het. Maar gelyklopend aan hierdie grendelstatus is daar ook ‘n groeiende bewustheid van wat vryheid beteken. Die spreekwoord “Jy weet nie wat jy het, totdat jy dit verloor het nie” is besig om onder die vel van baie mense vandag in te kruip om hom tuis te maak.
Tog is hierdie grendelstatus ook ‘n padaanwyser op die kruispaaie van die wêreld wat na ‘n ander grendelstatus wys ... die grendel of kettings van sonde. Die probleem is, soos baie vandag nie na die padaanwysings luister nie, so wil mense ook nie na die padaanwysers van die Skrif luister wanneer dit kom by die gevare van die sonde nie. Die harde harte van mense ignoreer die waarskuwings van die Skrif en glo dat hulle sélf dinge wat met die sondeval verkeerd geloop het, reg kan maak. In plaas daarvan dat hulle na die Verlosser wat deur die Skrif verkondig word, soek; maak hulle vir hulself mensgemaakte evangelies en stel hulle vir hulself valse leraars aan om hulle sondige harte in die gehoor te streel: evangelies wat sê dat die mens die grendels van die sonde self kan breek en daaruit kan ontsnap. Maar hierdie is leë evangelies, wolke sonder water, ontwerp om die ware Evangelie aan te val.
Maar dit is juis in hierdie tyd waar die ware Evangelie in die spervuur en die teiken van valse evangelies is, waar om moet vashou aan Christus, die Anker van ons geloof en die Verlosser uit sondes.
In die brief aan die Galasiërs verdedig Paulus juis hierdie Evangelie deur te wys dat daar geen ander Verlosser of weg tot verlossing is nie, behalwe in en deur Jesus Christus alleen. In hierdie verse wys die apostel op twee weë waarlangs mense stap: dié van die ware Evangelie of dié van die wet en verlossing uit werke. En elkeen van ons is op een van daardie weë. Maar hy stop nie daar nie, hy wys ook daarop dat, as ons wandel op die weg van die ware Evangelie, ons vry word om tot eer van God te lewe.
TWEE WEË
In Galasiërs 2:16 beskryf die apostel twee weë in hierdie lewe: aan die een kant die weg van die wet; aan die ander kant die weg van die ware Evangelie van verlossing in Christus. Hy skryf: “En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie” (Gal. 2:16).
Die weg van die wet
Paulus verwys na die wet as een van die wyse waarop mense hulself probeer verlos. Hierdie weg kan een van ‘n paar vorme aanneem:
Dit kan geplavei wees met die mooi, blink, skitterende stene van “godsdienstigheid” soos dit dan ook hier in Galasiërs beskryf word. Blink stene van “nakom van wette” en “godsdienstige pligpleging” vorm hierdie pad. Die Jode was veral lief om hierdie paadjie te kies met hulle sienings rondom die besnydenis, reinheidsgebruike en nakom van reëls. Maar steeds vandag kies mense hierdie paadjie. Hulle metgeselle is Mnre. Ek lees Bybel, Ek bid en Ek kom in die kerk. Hulle vertrou op hierdie metgeselle om hulle veilig by die Hemelstad te bring en hulle vry te maak van die bande van sonde.
Ander volg weer die paadjie wat geplavei is met die stene van “voorbeeldigheid”. Reisigers op hierdie pad bevind hulle dikwels in die geselskap van Mnr. Selftevredenheid en sy vriend Mnr. Fariseër. Mense wat hierdie pad kies, dink dat hulle hul verlossing kan verdien deur ‘n goeie lewe te lei.
Dan is daar ook ‘n derde paadjie; nie so mooi soos die ander twee nie, en maar nog net so gesog soos die ander, nl. die pad van ontkenning. Hierdie paadjie is geplavei met gladde swart stene wat gelê was deur Mnr. Ateïs. Reisigers op hierdie pad is gewoonlik van mening dat daar nie iets is soos ‘n dag van oordeel, ‘n hel of lewe na die dood nie. Daarom is hulle van mening dat verlossing en ‘n Verlosser nie nodig is nie. Wat hulle dikwels miskyk is dat terwyl hulle op hierdie gladde pad stap, die kettings van sonde aan hulle voete hul verhinder om gemaklik te beweeg.
Maar vanuit die pad van die wet is daar net nie hierdie nie, maar talle ander paadjies wat lei na die stad “Selfverlossing”. Maar soos die Spreuke digter dit ook tereg stel: “Daar is ‘n lewenswyse (lett. ‘’n weg’) wat vir die mens reg lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.” (Spr. 14:12, 16:25).
Al hierdie paaie en afdraai paadjies is vals en lei na die dood of anders gestel: die ewige verdoemenis. Hierdie paaie kan niemand red nie, soos Paulus ook hier duidelik sê: “... geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie” (Gal. 2:16). Waarom? Omdat die standaard vir verlossing nie mens gemaakte wette of pogings om goed te lewe is nie; maar volmaakte en volkome onderhouding van die wet van die Here in gedagte, woord en daad onder alle omstandighede is. Dus, as jy één keer in jou lewe gelieg het of kwaad geword het (want kwaad word is moord in die hart – Matt. 5:21-22) of enige ander gebod oortree het, kan jy nie deur die wet gered word nie, want jy het klaar die wet oortree. Die oordeel van die wet hang klaar soos ‘n valbyl oor jou gereed. Daarom, is die enigste weg tot verlossing wat vir die mens oop is, die weg van die Evangelie ... die weg wat lei na die kruis ... die weg wat lei na Christus.
Die weg van die Evangelie
Teenoor die weg van die wet, stel Paulus die ware weg na verlossing. Die padkaart na hierdie pad is die Evangelie en die poort daarna is Christus. Dit is smal, reguit en het die kruis van Golgota as baken. Alleen deur op hierdie pad te stap, kan ons die vryspraak ontvang – die verlossing van die kettings van sonde.
Daarom skryf die apostel in Galasiërs 2:16: “En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo...”. Hierdie verlossing, hierdie vryspraak van sonde en oordeel, kan ons net ontvang deur die geloof in Jesus Christus alleen en nie deur enige iets te doen of deur dit te probeer verdien nie; maar “alleen deur in Jesus Christus te glo” (Gal. 2:16)
Vandag is daar baie mense en leiers wat meen dat dit nie saak maak wát jy glo nie, maar eerder net dát jy glo. Hierdie mense staan langs die reguit pad wat lei na die ewige lewe en probeer pelgrims weg lok na afdaal paadjies. Slagspreuke soos “almal dien dieselfde God”, “almal sal mos in die hemel kom” en “dit sal jou mos nie uit die hemel hou nie” is deel van hierdie misleiers se boodskap.
Maar die apostel Paulus stel dit baie duidelik hier in Galasiërs 2:16 en verder dat daar maar één ware Evangelie is en één ware Verlosser, naamlik Jesus Christus wat vir my sonde gekruisig is (Gal. 2:19). Hy alleen is die Weg, die Waarheid en die Lewe en niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie (Joh. 14:6). Daar is alleen maar net één Middelaar tussen God en die mens, naamlik Jesus Christus (1 Tim. 2:5). En daar is net Één deur Wie ons gered word, naamlik Jesus Christus (Hand. 4:12).
As jy aan enige iets anders vashou as aan die verlossingswerk van Jesus Christus aan die kruis op Golgota, en as jy enige iemand of iets ander volg behalwe Christus, is jy verlore en op pad na die ewige verdoemenis; want vryspraak en verlossing van sondes is by niemand anders te vind as by Jesus Christus nie. ‘n Verlossing wat ons omhels met die ope arms van die geloof.
Maar twee weë beteken dan ook noodwendig twee lewenswyses.
WANDEL TOT EER VAN GOD
In Afrikaans het ons die spreekwoord: “As jy op twee stoele wil sit, val jy deur.” Hierdie is ook waar van die twee weë waarop die apostel Paulus hier dui. Jy kan nie op beide die pad van die wet en die pad van die Evangelie wandel nie – dit is óf die een óf die ander. Hierdie twee paaie loop nie parallel aan mekaar nie, al wil dit by tye vir die pelgrim wat nie waaksaam is nie, so wil voorkom.
Paulus wys vir ons hier in Galasiërs 2:17-21 dat as jy op die nou pad van die Evangelie wandel en Christus jou Verlosser en Koning is, hy nie meer in diens van die wet lewe nie. Hy skryf in Galasiërs 2:19: “... deur die wet is ek vir die wet dood ...”. Hierdie “dood vir die wet” beteken egter nie dat ek nou kan doen wat ék wil en lewe soos ék wil nie. Paulus verkondig nie hier wetteloosheid nie; maar eerder dat die wet nie meer mag oor my het om jy aan te kla en te veroordeel nie, aangesien Jesus Christus klaar die aanklagtes aangehoor en die straf in my plek gedra het. Die loon vir die oortreding van die wet, is die dood (Romeine 6:23) en daardie doodsvonnis in namens my deur Christus gedra ... en daar waar die vonnis uitgedien is, is die skuld verwyder. So het Christus dan die oordeel van die wet in my plek gedra en staan ek voor die Here vry van die oordeel wat die wet meebring. Nou is ek vry! Vry, nie om te doen wat ek wil nie, maar om te doen wat jy Verlosser wil. Daarom gaan Paulus in vers 19-20 verder en sê: “... deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lewe.”
Hierdie gedagte verduidelik die apostel Paulus baie meer breedvoerig in sy brief aan die Romeine. In Romeine 6-7 gebruik die apostel twee voorbeelde om hierdie lewe tot eer van God te verduidelik:
Die eerste is die voorbeeld van slawe (Rom. 6:15-23). Hy wys vir ons daarop dat almal van ons óf slawe is van die sonde óf slawe is van God. ‘n Slaaf lewe nie vir homself nie, maar lewe om die wil van sy eienaar te doen en om die loon daarvoor te ontvang. Die sonde is ‘n slawedrywer en die loon wat die sonde bring is die dood (Rom. 6:23). Maar deur Christus is ons losgekoop uit die slawerny van sonde en het ons nou slawe geword van ‘n nuwe Eienaar, naamlik Jesus Christus self wat vir ons betaal het my sy eie bloed, soos Petrus dit stel in 1 Petrus 1:19. Dus, ons vryspraak beteken ‘n lewe tot eer van God.
Die tweede voorbeeld wat Paulus gebruik in Romeine 7:1-6 is dié van ‘n man en vrou. ‘n Vrou is aan haar man verbind vir solank as wat haar man lewe. Vroeër was die sonde ons “man” gewees en het ons die wil van die sonde gedoen; maar deur die kruis van Christus het ons saam met Hom gesterf vir die sonde en daarom is die sonde nie meer ons man nie. Maar nog meer, deur die opstanding van Christus het Hy ons nuwe Man geword aan wie ons gehoorsaam moet wees. Die kerk is immers die bruid en Christus die Bruidegom.
Ons lewe dus in gehoorsaamheid aan die wil van God, nie omdat ons daardeur verlossing kan verdien nie; maar omdat ons juis dankbaar is vir die verlossing wat ons ontvang het deur Jesus Christus. Hierdie verlossingswerk is immers genade van God (Gal. 2:21) – onverdiende guns alleen.
SLOT
Hoe bewus is jy van die grendelstatus van die sonde? Het jy al op die punt gekom waar jy besef dat jy ‘n gevangene is van sonde, geboei met die kettings daarvan en op reis na die ewige verdoemenis? Het jy al besef dat jy nie self van hierdie kettings kan loskom of daarvan kan ontslae raak nie, maar dat die las daarvan al hoe swaarder word? Indien nie, hoor die oproep van die Woord van die Here: “Word wakker! Ontwaak en staan op uit die dood! Hardloop na die nou Poort toe, die Poort wat na die lewe lei. Gaan gryp vas aan die kruis en die verlossingswerk van Jesus Christus. En moenie langer in diens van die sonde lewe nie, maar lewe tot eer van God!” Amen.